Demokrate, Republikeine kyk saam na Mandela-fliek

Deel op
Hillary Clinton voor haar 'Long walk to Freedom'
Hillary Clinton voor haar ‘Long walk to Freedom’

‘n Spesiale vertoning van die rolprent, “Mandela: Long Walk to Freedom” word Woensdagaand by die John F. Kennedy sentrum in Washington DC gehou.

Die gala-geleentheid is georganiseer deur die voormalige ministers van buitelandse sake, die Demokraat Hillary Clinton en die Republikein, Colin Powell, en die Amerikaanse senator, John McCain.

United International Pictures South Africa sê die vertoning sal getrou aan Madiba se ideale, bydra tot die afbreek van grense tussen die twee politieke partye.

Die regisseur van die prent, Anant Singh, sê dit sal ook help om gesprekvoering tussen die twee teenstaanders aan te help.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.