As Jy Sing: Afrikaanse lokettreffer

Deel op
Leah
Leah

Die Afrikaanse rolprent, As Jy Sing, het die suksesvolste Afrikaanse rolprent vanjaar geword en het die beste openingsnaweek van enige Afrikaanse titel gehad.

Die nuwe musiekfilm met Bobby van Jaarsveld en Leah in die hoofrolle het vroeg beloof om een van die jaar se groot films te wees.

Die Suid-Afrikaanse verspreider van As Jy Sing en Khumba sê die rolprente het die naweek gesorg vir 27 persent van die verdienste van die top 10 rolprente.

Die rolprente was onderskeidelik tweede en derde by die plaaslike loketkantoor, net na Thor: The Dark World en net voor Tom Hanks se Captain Phillips.

As Jy Sing het sewe persent meer in sy openingsnaweek gemaak as verlede jaar se Afrikaanse treffer, Semi-Soet.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.