DA kla oor rubberkoeëls op oproerige kragdiewe

Deel op
Thokoza in die sewentigerjare. Foto deur Raymond Preston
Thokoza in die sewentigerjare. Foto deur Raymond Preston

Polisieversterkings is na Thokoza aan die Oos-Rand gestuur nadat inwoners paaie met klippe en brandende voorwerpe versper het.

Die inwoners probeer om die Rooi Miere verhinder om die gebied in te gaan om onwettige kragverbindings te verwyder.

Die polisie moes Maandag rubberkoeëls op woedende inwoners vuur om hulle uiteen te jaag.

Die polisie sê Cerama en Khumalo-strate is afgesper. Drie mense is gister in hegtenis geneem en sal môre in die hof verskyn op aanklagte van openbare geweld.

Die DA het die toenemende gebruik van rubberkoeëls deur die Gauteng polisie gekritiseer.

Die party sê die SAPD gebruik rubberkoeëls ten spyte van ‘n verbod op die gebruik van dié ammunisie.

Die party sê rubberkoeëls is sedert Augustus in ses voorvalle soos Bekkersdal, Diepsloot en Thokoza gebruik om protesgangers uiteen te jaag. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.