Oproep om gratis kankermedisyne

Deel op

cancerPasiënte in die privaatsektor word toegang geweier tot gratis medisyne van die staat se skenkerprogramme wanneer hulle mediese fondse ophou betaal.

Dit is volgens die voorsitter en Werksmans prokureur Neil Kirby. By die internasionale beraad oor Kanker in Kaapstad het Kirby gesê die wet behoort toe te laat dat pasiënte met mediese fondse ook aansoek kan doen vir skenkerbehandeling, terwyl hulle hul eie dokters in private praktyke behou.

Die staat se skenkerprogramme gebruik medisyne wat geskenk word deur farmaseutiese maatskappye.

‘n Voorbeeld van so ‘n program is Novartis wat die leukemiemedikasie Glivec sedert 2002 aan regeringspasiënte gee.

Glivec kos R1000 ‘n tablet en moet daagliks geneem word vir maande, wat sommige mense se mediese fondse uitput. Skenkings van die medikasie kan slegs gemaak word aan die staat se fasiliteite .

Kirby het voorgestel dat die Wet op Nasionale Gesondheid ‘n klousule insluit wat skenkerprogramme sal bevorder.

Dit sal toelaat dat private en staatspasiënte aansoek kan doen om duur medikasie geskenk deur farmaseutiese maatskappye te kry .

Die president van die Unie vir Internasionale Kankerbeheer, Mary Gospodarowicz het ‘n beroep op Afrika-regerings gedoen om prioriteit te verleen aan die stryd teen kanker, het RSG berig.

Sy sê die siekte moet dieselfde aandag geniet as MIV/Vigs.

Gospodarowicz het ook gepraat by die internasionale kankerkonferensie in Kaapstad.

Sy sê kanker is lank nie meer ‘n siekte van die ontwikkelde wêreld nie.

Die Kankervereniging van Suid-Afrika sê intussen die gebrek aan ‘n register wat op datum gehou word met inligting oor die land se kankerpasiënte, belemmer pogings om die siekte te beveg.

Die bestuurshoof – Sue Janse van Rensburg – sê betroubare statistieke is noodsaaklik om vas te stel watter plekke dringende ingryping benodig.

Sy het by die beraad gesê dat die hoë voorkoms van MIV/Vigs, maak dit moeilik om kanker vinnig by pasiënte op te spoor en te behandel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.