Nasionaal-sosialisme en die Nelson Mandela Centre of Memory

Deel op

roodt_dan_wiki

deur Dan Roodt

[followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Hou van Dan Roodt se Facebookblad

Het iemand al oor die ooreenkomste tussen Adolf Hitler en Nelson Mandela geskryf? Beide het tronk toe gegaan. Albei het ‘n outobiografie oor hul “stryd” geskryf. In die geval van Hitler was dit letterlik Mein Kampf, oftewel, “My stryd”.

Mandela kon hom dit seker nagedoen het en sy relaas “My struggle” genoem het. Hy het egter die titel Long walk to freedom verkies. Dis vir my ‘n ietwat onakkurate titel aangesien hy meer in die tronk gesit het as wat hy letterlik “geloop” het of selfs iewers heen op pad was. Maar dit daargelaat.

Daar is egter verskille tussen Hitler en Mandela ook. Hitler het nie van Jode gehou nie, terwyl Mandela hom byna sy hele lewe lank met Jode omring het. Daarom ook woon hy in die meesal Joodse rykmansbuurt Houghton in Johanesburg en is dit ook hier waar sy “Centre of Memory” gisteraand met groot fanfare geopen is.

Suid-Afrika is die land van swak smaak en paradokse. Daarom dra “Madiba”, soos hy genoem word, baie lelike hemde en woon hy nie in Xhosaland of die Transkei nie, maar in Houghton. Die “pelgrim na vryheid” verkies dus die boomryke, Westerse voorstad van Johannesburg bo die Stoïsynse eenvoud van ‘n Xhosa-hut iewers in Qunu. Hitler, daarrenteen, het vele beroemde skilders, sangers, musici en staatshoofde in sy berghut, die Berghof, in die Beierse Alpe ontvang, onder andere: David Lloyd George (3 Maart 1936), the Aga Khan (20 Oktober 1937), die hertog en hertogin van Windsor (22 Oktober 1937), Kurt von Schuschnigg (12 Februarie 1938), Neville Chamberlain (15 September 1938) en Benito Mussolini(19 Januarie 1941).

Indien iemand my kwalik neem dat ek Beiere in dieselfde asem as Nelson Mandela noem, is Beiere natuurlik so deel van die ANC-regering soos die horde produkte uit fabrieke van die Beierse Motorwerke (BMW) wat gisteraand die hele Sentraallaan in Houghton oorgeneem het. Meesal was hulle ook swart, die kleur van nasionaal-sosialisme. Mercedes-Benz, Hitler se gunstelinghandelsmerk as dit by voertuie kom, was ook goed verteenwoordig.

Swart mans in swart Duitse motors wat in donker pakke geklee is, het so min of meer die aard van Maandagaand se byeenkoms bepaal waartydens hulde aan die Groot Leier (Führer?) gebring is. Blykbaar het Bill Clinton sommer ‘n miljoen dollar aan die sentrum geskenk en die Amerikaanse ambassadeur, Patrick Gaspard, staan gedweë in ‘n tou van ander donateurs wat elkeen meer as ‘n miljoen rand bygedra het. Daar is mnr. Jürgen Schreiber, die uitvoerende beampte van Edcon, wat Edgars en die CNA besit, Volgens Bloomberrg Businessweek verdien Schreiber R11 059 000 per jaar, dus amper tweemiljoen rand per maand. Maar die skenking is nie uit sy eie saak nie, wel dié van Edcon wat ‘n miljoen bygedra het, benewens kleiner skenkings wat deur elkeen van die maatskappy se 40 000 werknemers ingesamel is. Kaya FM skenk ook meer as ‘n miljoen, tesame met die Britse sokkerklub Sunderland wat ‘n Skotse vrou al die pad van Engeland laat kom het. Iewers op ‘n BBP-sitplek is daar ook ‘n Rockefeller, want die patriarg David Rockefeller is blykbaar insgelyks ‘n groot bewonderaar van Mandela.

Die Lotto het R11,5 miljoen geskenk en blykbaar gaan Mandela se huidige tuiste in Houghton ook gekoop word en tot nasionale monument verklaar word.

As ons laatmiddag aanvanklik by die sentrum aankom, staan Leon Wessels, een van die Nasionale Party se hopelose onderhandelaars wat deur Slovo, Mandela, Kasrils en ander tydens die onderhandelinge ore aangesit is, ietwat beteuterd rond. “Ja, ek was deel hiervan,” hoor ek hom aan een van die gaste sê. Hy dra geen donker pak nie.

Ek voer ‘n kort video-onderhoud met die Afrikaanse akteur, Gys de Villiers, wat fw de klerk in die rolprentweergawe van Long walk to freedom speel. Die film het oor ‘n begroting van 150 miljoen dollar beskik, dus anderhalf miljard rand teen die huidige wisselkoers. ‘n Engelsman het die film gefinansier en die wêreldwye verspreiding word deur die gebroeders Weinstein van die VSA behartig. Bob en Harvey Weinstein is bekend om hul Joodse nasionionalisme; in een van hul rolprente, Inglourious Basterds, slaan die Joodse hoofkarakter Duitse krygsgevangenes met ‘n bofbalkolf dood. Die Weinsteins sou seker, soos Mandela, in Houghton tuisvoel, al is daar soveel Beierse motors te siene.

Wie skryf deesdae president Jacob Zuma se toesprake? wonder ‘n mens. Blykbaar het hy direk vanuit Kolombo, Sri Lanka, na die partytjie by die Nelson Mandela-sentrum gevlieg en het net ‘n halfuur laat opgedaag. Ek kan onthou dat ek eenkeer twee ure vir hom by sy huis in Forest Town moes wag nog voordat hy president geword het, dus kan ‘n mens nie heeltemal van Afrikatyd praat nie.

Zuma kondig ook aan dat daar op Geloftedag ‘n standbeeld van Mandela by die Uniegebou onthul gaan word.

As South Africans we are proud to be the children of Tata Nelson Mandela, and to share his proud legacy with the rest of the world.

Up to this day Tata Madiba continues to inspire all of us and remains a symbol of hope and resilience to all those striving for a better and more humane world.

As the South African government we will continue to honour Tata Madiba and his generation of leaders for the massive contribution they made to our liberation.

Part of the work we are doing to honour our icon is that, in December we will unveil Tata Madiba’s statue at the Union Buildings.

This will be done as part of marking National Reconciliation Day, which this year also marks the centenary of the seat of government, the Union Buildings in Pretoria.

Wat my tref aangaande die gedagte van Mandela se “erfenis”, is die leegheid van die begrip. Nog ‘n Suid-Afrikaanse simulakrum. Benewens swart motors uit München en Stuttgart, beskik die huidige staat oor geen erfenis nie. Demokrasie is in elk geval ‘n Westerse idee en daarom het Mandela dit kwalik uitgevind. Boonop word die begrip so lukraak en lomp op die land toegepas dat dit merendeels tot sy teenoorgestelde lei. Daar is net geen finesse wat politieke denke betref nie. Simplistiese demokrasie sonder enige federale komponent het geen van die politieke vraagstukke in die land opgelos nie en eintlik net vererger. Daar is nou meer ontevredenheid en onluste as ooit.

Mandela se ou kantoor by die sentrum lyk asof dit uit Wetherlys kom: baie Engels met gestoffeerde meubels en ‘n klassieke, Victoriaanse soort lessenaar. Afrikaans word in die vertrek langsaan as “die taal van die vyand” beskryf en daarom verbaas dit mens dat daar ‘n eksemplaar van J.C. Kannemeyer se biografie oor Leipoldt op die boekerak staan. Sover ek kon sien, was dit die enigste Afrikaanse boek in die hele sentrum.

Ek is nogal daardeur geskok dat enigiemand Afrikaans as “die taal van die vyand” kan tipeer. Die begrip toon nogal ooreenkomste met die “entartete Kunst” waarvan die Nazi’s gepraat het. Daar is vele Engelse in Suid-Afrika wat in elk geval Afrikaans – asook Nederlands, wat gewoonlik daarby ingesluit word – as ‘n soort minderwaardige, “ontaarde” taal beskou. Kennelik huldig die Nelson Mandela-sentrum dieselfde mening, anders sou Afrikaans nie so prominent daar as “taal van die vyand” voorgestel gewees het nie.

Terwyl die aanvanklike kunstenaarsvoorstellings die sentrum as wit uitgebeeld het, het die kleure nou verander na bruin, rooi en geel. Soos in vele ander geboue in Suid-Afrika, word geboue wat in ‘n modernistiese styl uitgedink is agterna met steretipe “Afrika-“elemente versier. Dit geskied byvoorbeeld by die Staatsteater in Pretoria waar “Ndebele-patrone” jare ná die bou van die oorspronklike gebou bygevoeg is. Gepoogde “Afrosjiek” raak dan Afrokitsch.

Langs die vertrek met die slagspreuke oor Afrikaans, is ‘n ander rmet ‘n tafel wat vir iets soos die “Ridders van die ronde tafel” bedoel is, want dis rond. Hier word daar glo netelige vraagstukke bespreek, maar dit lyk meer asof denke en indringende besining vermy word, te oordeel aan die onderwerpe op die sentrum se webwerf.

Die Nelson Mandela-sentrum verteenwoordig ‘n vreemde sinkretisme tussen geld en ‘n vervloeë’, kommunistiese radikalisme. Die hele siening van die Suid-Afrikaanse geskiedenis wat op die mure verwoord word, wemel van argaïese kommunistiese clichés. Dog die uitvoerende beampte van Edcon of die Britse sokkerklub kom dit seker nie agter nie.

Op pad terug motor toe, kom ons ‘n splinterrnuwe Rolls Royce-afslaankap teë met ‘n chauffeur wat op een van die gaste, ‘n blanke dame, wag. Die motor, in kontras met die nasionaal-sosialistiese voertuie van die hooggeplaastes en ANC-lede, is spierwit. Die wit Rolls glim spookagtig in die donker.

Ook tydens die hoof van die sentrum, Sello Hatang, se toespraak was daar sprake van “spoke” wat oor Mandela waghou. Ek meen hy het daarmee die geeste van die voorvaders bedoel.

Of dalk was dit ‘n toespeling op Karl Marx: “‘n Spook goël by Europa… die spook van kommunisme.”

Nelson Mandela is ‘n konstruk en die swye rondom die ANC en SAKP se terreur jeens burgerlikes moet by elke besoeker aan die “Centre of Memory” spook. Dit het hoog tyd geword dat ons daardie swye begin bevraagteken.

[followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Hou van Dan Roodt se Facebookblad

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.