Erasmus wil graag vir Bokke speel

Deel op
ImageJaco Erasmus sal in die Italiaanse kleure aangetrek wees as 'n lossvoorspeler in die enkeltoets te Nuweland Saterdag teen die Springbokke.
Deel op

Erasmus is 28 jaar gelede te Empangeni gebore. Hy sê egter dat hy enige tyd na Suid-Afrika sou terugkeer indien hy vir die Springbokke sou kon speel.

Hy het aan verslaggewers gesê dat die toetswedstryd 'n groot geleentheid gaan wees en dat hy werklik daarna uitsien.

Hy is nie spyt dat hy sewe jaar gelede die geleentheid aangeneem het om Italië toe te gaan nie, maar glo dis elke skoolseun se droom om vir die Springbokke te speel.

Italië se afrigter Nick Mallett het gister gesê dat Erasmus baie talent het, 'n baie intelligente speler is, maar waarskynlik moet werk aan sy lynstaantegniek.

Erasmus is nie familie van Rassie Erasmus nie.

99spravokЛобановский Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.