Nog koue vir Kaap, skade aan oeste beloop miljoene

Deel op

fruitAgri Wes-Kaap meen die vloedskade in die provinsie kan miljoene rande beloop.

Carl Opperman, bestuurshoof, sê hulle is besig om met boere te praat oor die skade wat op die onderskeie plase aangerig is, berig RSG.

Hy sê sommige boere in die Boland- en Overbergstreke het tot 90% van hul oeste verloor. Vrugte- en graanoeste is die ergste geraak.

Intussen is berig dat nóg ‘n kouefront die provinsie nader. Die Kaapstadse weerkantoor het gesê verspreide buie word in die volgende twee dae oor die Wes-Kaap verwag.

Twee vroue het die afgelope naweek weens vloede dood, het die polisie Maandag gesê. Dit bring die dodetal op drie, nadat nog ‘n persoon vroeër dood is.

Die vroue, wat in die Jonkershoek-natuurreservaat by Stellenbosch dood is, se motor het op ’n brug weggespoel. Hulle het Vrydag laat glo probeer om van die oorstroming by hul kerkkamp in Die Eiland-terrein te ontsnap. Hul name is nog nie bekend gemaak nie.

Meer as 18 000 mense is deur die vloede geraak.

Die gebiede wat geraak is, sluit in Delft, Faure, Vishoek, Guguletu, Houtbaai, Khayelitsha, Kraaifontein, Kuilsrivier, Macassar, Philippi, Scarborough, Sir Lowryspas, Somerset-Wes, Strand, en Valhalla Park.

Die vloede het ook rots-, modder- en grondstortings in bergagtige gebiede tot gevolg gehad.

Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder van die stad se rampbestuursentrum, het gesê aan Sapa gesê toestande het verbeter en inwoners wie se huise ontruim is, is weer tuis.

Alle paaie behalwe Chapmanspiek is weer oopgestel vir verkeer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.