Steenbrasdam het g’n kraak

Deel op
Steenbrasdam
Steenbrasdam

Die stad Kaapstad het gerugte dat die wal van die Steenbrasdam naby Gordonsbaai ‘n kraak in het, as onverantwoordelik beskryf.

NUUT!

Volgens Farouk Robertson van die stad se Water en Sanitasie-afdeling word die gerugte op sosiale netwerke versprei.

Hy sê die swaar reënval van die afgelope naweek het veroorsaak dat die laer-Steenbrasdam oorvol is, wat volgens hom normaal is.

Opruimingswerk sal vandag voortgaan in die Wes- en Oos-Kaap wat die naweek onder swaar reën en oorstromings deurgeloop het.

Talle paaie in die Bredasdorp en Hermanus-omgewing is weens oorstromings steeds vir verkeer gesluit en so ook Champans Peak.

‘n Woordvoerder vir Rampbestuur in Kaapstad, Wilfred-Solomons Johannes, sê hulle het gister vanuit die lug ‘n beraming van die skade gedoen.

Inwoners in informele nedersettings het die ergste deurgeloop en meer as 18.000 mense word geraak, met sowat 300 wat in die Sir Lowry’s pas omgewing verwyder moes word.

Mense op die Kaapse Vlakte, Somerset-Wes en die Strand moes ook hulle huise verlaat.

Tien verdrinkings is in kusprovinsies aangemeld waarvan agt weens oorstromings in die Oos- en Wes-Kaap was. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.