‘Rotgevrete baba’ was glo moetiemoord

Deel op

mutilottoDie sewe maande oue baba wat na bewering in Diepsloot deur rotte opgevreet is, was nie ‘n slagoffer van ‘n knaagdierplaag of verwaarlosing nie, maar heksery.

PRAAG het van die bure van die ouerpaar verneem dat die baba nie dood is weens rotte wat hom gevreet het nie, maar van beserings wat hy opgedoen het in ‘n moetie-ritueel.

Sy ma het glo die baba se tong uitgesny asook ‘n arm verwyder. Buitelanders het aan PRAAG gesê hulle het verlede week vir hul lewens gevrees aangesien inwoners die gerug verspei het dat immigrante die baba laat opsny het vir moetie.

Buitelanders is ook verantwoordelik gehou vir die onlangse verkragtings in Diepsloot, sê hulle.

Die baba is dood gevind is in ‘n plakkershut in Diepsloot. Sapa het daarna berig dat “die baba se voet deur rotte afgeknaag is”.

Die sewe maande oue baba se verminkte liggaam is Sondag in die woning gekry.

Die ma en haar kêrel is in hegtenis geneem, het die Gautengse polisie Donderdag gesê.

“Die ma is Dinsdagaand in ‘n kroeg in Randburg vasgetrek en haar kêrel is verlede week in Diepsloot gearresteer,” het kapt. Tsekiso Mofokeng gesê.

Mofokeng het gesê die 23-jarige vrou word aangekla van kinderverwaarlosing en moord in die landdroshof in Pretoria.

Haar 30-jarige kêrel word deur ‘n aanklagte van moord in die gesig gestaar.

In ‘n ander voorval in Khutsong is sogenaamde bendelede lewendig verbrand na boendoehowe. Die “bendelede” of volgelinge van geneser, het volgens inwoners onder die invloed van heksery verkeer.

Inwoners het die wrede moorde op die sewe “bendelede” verwelkom en aan die Mail&Guardian gesê dit sal nou “rustig” wees in Khutsong.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.