Derde insident by Pelindaba te midde van gespanne P5 + 1-kernsamesprekings

Deel op
Slovo het planne van die hele kernaanleg gehad
Slovo het gedetaillerde planne van die hele kernaanleg by Koeberg gehad

‘n Onlangse insident by die kernverrykingsaanleg by Pelindaba, wes van Pretoria, waar radioaktiewe gas in die atmosfeer gelek het, het ’n potensiële bestralingsgevaar geskep vir honderde duisende mense in Gauteng.

Dit is die gebied in Suid-Afrika waar die meeste Afrikaners ook saamgetrek is.

Dis die derde ongeluk die afgelope 17 jaar by die aanleg en kenners is bekommerd dat die internasionale klimaat verder besoedel kan word deur die nuus aangesien Suid-Afrika vroeër moes deurloop onder kernsabotasie.

Dié radio-aktiewe lekkasie kom te midde van sensitiewe samesprekinge tussen die P5 + 1 om Iran se kerntoekoms te bepaal, asook die kernramp in Japan waar die reaktor by Foekoesjima radio-aktiewe stof in die see lek. Die P5 + 1 is die vyf permanente lede van die Veiligheidsraad plus Duitsland.

In die tagtigerjare is ‘n terreuraanval op die Koeberg-kernkragsentrale beplan deur Joe Slovo wat die ANC vandag nog beskryf as een van die suksesse van sy gewapende stryd. Slovo is ook intussen deur Media24 gerehabiliteer as ‘n “held” vir sy aandeel in die dood van talle onskuldige burgerlikes.

Mac Maharaj, woordvoerder vir president Zuma, was destyds ‘n hegte kameraad van Slovo. Maharaj het Slovo in die jare vyftig ontmoet. Van 1977 het hulle nou saamgewerk in die ANC se revolusionêre raad en ook in die SA Kommunistiese Party.

Hy het vroeër aan die media vertel hoe Slovo die aanval op die kernkragaanleg beplan en bestuur het.

Kort voor die ANC se aanval op Koeberg het Slovo, toe stafhoof van Umkhonto we Sizwe, met top-kernwetenskaplikes beraadslaag oor hoe om plofstof by die kragsentrale te gaan plaas.

Maharaj sê Slovo was altyd ten nouste gemoeid met die beplanning van alle militêre projekte van die ANC wat onder sy bevel uitgevoer is.

Slovo was ook direk verantwoordelik vir die nuwe Opod-hoof, Robert McBride, se bomaanval in Durban waarin twee wit vroue dood is.

Vir die aanval op die Koebergkernsentrale het die ANC planne gehad van die hele uitleg van die sentrale en van al die toerusting en masjinerie daarin. Kenners sê Slovo se beplande aanval sou maklik ‘n kernongeluk gelykstaande aan die kernramp in Japan by Foekoesjima kon veroorsaak indien hy daarin geslaag het om dit suksesvol uit te voer.

Maharaj sê die ANC het destyds simpatiseerders gehad wat vir Koeberg gewerk het. Maharaj sê dié man leef nog, maar is nog nooit aangekla nie. Die beplande aanval het vroeër plaasgevind as wat oorspronklik beplan is omdat die man wat die bom moes plant, gehoor het hy gaan afgedank word.

“Joe se bevel oor MK-lede was nie te streng nie. Hy het dit baie saggeaard gedoen. Dit is deel van sy styl,” het die president se woordvoerder gesê. Slovo het glo eindelose probleme met dissipline onder lede van sy terreurbende gehad.

Intussen het die sluiting van die Nasionale Kernnavorsingsentrum by Pelindaba ‘n uiters negatiewe impak op die behandeling van duisende kankerpasiënte. Omdat radioaktiewe medisyne na vyf dae verval, het die land se voorraad verlede Donderdag opgeraak.

NTP ­Radioisotopes, ’n filiaal van die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie (Necsa) wat deur die sluiting geraak word, is die wêreld se tweede grootste vervaardiger van radiochemiese mediese produkte en die sluiting het internasionaal geregistreer.

Die radioaktiewe isotope molibdeen-99 (Mo-99) en jodium-131 word plaaslik deur meer as 400 kankerpasiënte per dag gebruik.

Mo-99 word gebruik om te bepaal hoe ver kanker deur die liggaam versprei het. Dit word ook gebruik in die identifisering van siektes van die hart, longe, lewer, niere en brein. Dis is die radiofarmaseutiese middel wat die meeste ter wêreld gebruik word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.