Krejcir sê sy lewe is in gevaar

Deel op
Krejcir
Krejcir

Die voortvlugtige sakeman Radovan Krejcir het gesê dit is walglik dat hy as ‘n mafiabaas, bose bendelid of ‘n onderwêreldfiguur uitgebeeld word.

Krejcir het Donderdagaand by sy prokureur se kantoor aan Eyewitness News ontken dat hy betrokke is by enige van die “onderwêreld”-moorde waarmee die media hom verbind.

Die Tsjeg, wat uitlewering aan sy tuisland beveg, het uiteindelik te media te woord gestaan oor misdade wat hom raak die afgelope paar weke.

Twee van sy vriende is Dinsdagaand in ‘n ontploffing by sy onderneming Money Point in Bedfordview dood. Inwoners in die ooste van Johannesburg waar Krejcir woon beskryf dit as gevaarlik weens bendebedrywighede daar.

Krejcir wou nie bespiegel oor wie verantwoordelik is vir dié aanval nie, maar hy glo hy word aangeval en dat sy lewe in gevaar is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.