Oproeriges het Donderdagmiddag ‘n gemeenskapsaal, gesondheidskliniek en nuutgeboude kantore van die DA aan die brand gesteek in die Oos-Kaap.
Die situasie op Uitenhage bly gespanne na die geweld op die dorp uitgebreek het.
Die polisie het gesê buitebande is deur die nag aan die brand gesteek in Langa, Kamesh, Rosedale en Blikkiesdorp.
Geweld het uitgebreek toe die munisipaliteit van die Nelson Mandelabaai metro die onwettige krotte wat deur grondbesetters opgerig is, begin afbreek het.
Die metro het vroeër ‘n interdik gekry om die krotte te verwyder.
Vier mense is in hegtenis geneem en die polisie is in die gebied ontplooi.