Ma van rotgevrete babalyk vas

Deel op

shackDie ma van die sewe maande oue baba, wat dood gevind is in ‘n plakkershut in Diepsloot, en haar kêrel is in hegtenis geneem, het die Gautengse polisie Donderdag gesê.

“Die ma is Dinsdagaand in ‘n kroeg in Randburg vasgetrek en haar kêrel is gister [Woensdag] in Diepsloot gearresteer,” het kapt. Tsekiso Mofokeng gesê.

Mofokeng het gesê die 23-jarige vrou word aangekla van kinderverwaarlosing en moord. Sy sal Donderdag in die landdroshof in Pretoria verskyn.

Haar 30-jarige kêrel word deur ‘n aanklagte van moord in die gesig gestaar. Hy sal Vrydag in die hof verskyn.

Die sewe maande oue babaseuntjie se verminkte liggaam (sy een voetjie is deur rotte afgebyt) is Sondag in die woning gekry. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.