Somalië deur seldsame sikloon getref

Deel op
Puntland
Puntland

Daar word gevrees dat honderde mense dood is nadat ‘n seldsame tropiese sikloon die noorde van Somalië die naweek getref het.

Die Verenigde Nasies sê swaar reën het oor die Puntland-gebied uitgesak. Kommunikasie-kabels en toegang tot die gebiede wat geraak is, is afgesny.

Dit bemoeilik noodleniging sowel as die bevestiging van berigte wat ontvang word.

Die Puntland-owerhede het die situasie tot ‘n noodtoestand verklaar en om hulp gevra. Die VN sê sowat 30.000 mense benodig voedsel, skuiling en mediese voorraad.

Die Wêreld Meteorologiese Organisasie het bevind dat vanjaar op ses na die warmste is sedert rekordhouding in 1850 begin het.

Die organisasie sê die stygende seevlak, wat deur klimaatsverandering veroorsaak word, vererger die uitwerking van storms soos Tifoon Haiyan in die Filippyne verder.

Die sekretaris-generaal van die WMO, Michel Jarraud sê meer kweekhuisgasse in die atmosfeer sal ‘n al hoe warmer toekoms tot gevolg hê.

Hy sê ook meer uitermatige weerstoestande is onvermydelik. Volgens die WMO was die eerste nege maande van 2013 saam met dié van 2003 die sewende warmste ooit.- RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.