Statebondberaad deur volksmoord-kwessie oorskadu

Deel op

srilankaDie menseregte-organisasie, Amnestie Internasionaal, het ‘n beroep op Suid-Afrika gedoen om die beweerde menseregteskendings deur die regering van Sri Lanka te veroordeel. Suid-Afrika is sedert 1994 weer deel van die Statebond.

Sri Lanka het die Britse premier David Cameron intussen gewaarsku dat hy geen reg het om die kwessie van menseregte te opper tydens sy besoek aan die Statebondberaad nie.

Sri Lanka se minister van inligting, het Cameron se “kommer” oor beweerde oorlogsmisdade tydens die konflik met die Tamil Tiere as ‘n foefie om die stemme van Brittanje se Tamil-gemeenskap te trek, afgemaak.

Meer as 100 Tamils was op pad na Colombo om by ‘n Statebondberaad te gaan betoog. Die weermag het egter hul busse voorgekeer om hulle te verhoed om na die in die hoofstad te reis.

‘n Span van die Verenigde Koninkryk se Kanaal 4 TV is verhinder om die voormalige oorlogsgebied in die noorde van die land te besoek.

Die regering beskuldig die TV-kanaal daarvan dat hulle die oud-rebelle ondersteun en konflik in die land wil aanblaas.

Callum Macrae, direkteur van Channel 4 se bekroonde dokumentêre stuk “Sri Lanka Killing Fields”, het gesê die polisie het gesê hulle moet terugkeer na die hoofstad.

Die tweejaarlikse beraad deur Statebonds-staatshoofde begin vandag in die hoofstad Colombo.

Menseregte-aktiviste het gewaarsku dat die Statebond sy relevansie in gevaar kan stel indien hy nie die kwessie van menseregte-skendings wat tydens Sri Lanka se burgeroorlog gepleeg is, hanteer nie.

Die beweerde skendings teenoor die Tamil-minderheid voor die einde van die burgeroorlog in 2009, duur na bewering steeds voort.

Die bewerings het daartoe gelei dat die Kanadese Eerste Minister, Stephen Harper nie die beraad bywoon nie en so ook nie Indië se eerste minister, Manmohan Singh nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.