Forensiese span ondersoek Krejcir-ontploffing

Deel op
Radovan Krejcir
Radovan Krejcir

Die omstrede Tsjeggiese sakeman Radovan Krejcir wou nie Woensdag kommentaar lewer nie nadat twee mense in ’n bomontploffing by sy onderneming in Bedfordview gesterf het.

“Jammer, ek praat nie met die media nie,” het hy telefonies aan Sapa gesê.

Die polisie fynkam steeds die toneel van die ontploffing, waarin vyf mense ook gewond is.

Die toestel het Dinsdagmiddag by die onderneming Money Point naby die Eastgate-winkelsentrum ontplof.
Polisiehelikopters het Woensdagoggend op die toneel geland.

Forensiese kenners het laat Dinsdagaand gesê die gebou se dak het meegegee in die ontploffing.

’n Forensiese kenner, wat op voorwaarde van anonimiteit gepraat het, het gesê hulle probeer nog vasstel watter soort plofstof gebruik is.

“Ons moet nog vasstel watter soort bom dit was en watter komponente dit gehad het. Die beseerdes is na die Bedford Gardens-hospitaal geneem.

Krejcir was in Julie die teiken van ’n beweerde sluipmoordaanslag buite Money Point. Hy het die aanval oorleef.

Drie weke voor dié aanval was daar ’n inbraak by Money Point en juweliersware van sowat R3 miljoen is gesteel. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.