Egipte spoor gesteelde antieke artefakte in Jerusalem op

Deel op

egyptartefactsEgipte het Sondag gesê dat 90 antieke artefakte is in Jerusalem opgespoor by ‘n veiling, en het gevra dat Israel ander oudhede terugvind en aan Kaïro terugbesorg.

Die Ministerie van oudhede het gesê hulle het die Israeliese owerhede versoek om in te gryp nadat daar die “afgelope weke 110 antieke Egiptiese artefakte op die webwerf van ‘n veilingshuis in Jerusalem te koop aangebied is”.

Die veilingshuis was nie in staat om dokumente te voorsien van wie die items besit nie en die Israeliese owerhede moes die veiling staak, het die ministerie gesê. Hulle sal 90 van die 110 artefakte na Kaïro terugstuur.

Egipte het die Israeliese owerhede gevra om ondersoek in te stel en stukke wat reeds verkoop is op te spoor sodat hulle aan Egipte terugbesorg kan word,” het die ministerie gesê.

Ali Ahmed, ‘n beampte by Egipte se departement van oudhede, het gesê verskeie antieke Egiptiese artefakte is na bewering gesien by Israeliese veilings en ​​Kaïro het regstappe geneem om van die gesteelde items terug te kry.

In Oktober het die Ministerie het gesê hulle het ‘n versekering van eBay ontvang dat hulle nie artefakte wat onwettig uit Egipte kom, sal opveil nie.

Gedurende die opstande in 2011 is verskeie museums geplunder, insluitende die Museum van Egiptiese oudhede naby Kaïro se Tahrir Square, middelpunt van die demonstrasies.

Ander museums is ook besteel in die onrus wat gevolg het na die weermag se omverwerping van die Islamitiese president Mohamed Morsi op 3 Julie, en baie van die items word steeds vermis.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.