Zanu-PF begin Liberiese-tipe skendings

Deel op
Die Pan-Afrikaparlement se waarnemersgroep in Zimbabwe het bevestig dat 'n liggaamskending van die Liberiese tipe op 'n opposisie-ondersteuner plaasgevind het.
Deel op

'n Vrou se hande en voete is afgekap deur regeringsondersteuners en haar huis is aan die brand gesteek. Daarna is sy lewendig in haar eie huis verbrand.

Volgens Marwick Khumalo, die hoof van die waarnemersgroep, het hul span na die slagoffer se begrafnis gegaan en is sy wel gekap. Haar eggenoot, Patson Chipiro, leef nou in vrees.

Die PAP-span sê dit is slegs een van vele verskriklike verhale wat binne slegs twee dae van ondersoeke bevestig kon word.

In Liberië gedurende die bewind van Charles Taylor, het soortgelyke amputasies van slagoffers se arms plaasgevind.

как стать яхтсменомлобановский александр дети

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.