Studente oorleef gewapende roof

Deel op

saps5‘n 24-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy studente in Johannesburg beroof het, het die polisie in Gauteng Dinsdag gesê.

Die man is Maandag aangekeer nadat hy ‘n 19-jarige man en sy vriend beroof het, het ao. Xoli Mbele, polisiewoordvoerder, gesê.

Mbele het gesê die man het die vriende met ‘n vuurwapen gedreig en hulle van hul selfone en sakrekenaars beroof.

Die verdagte het probeer weghardloop, maar polisiebeamptes wat besig was met ‘n roetine-patrollie, het hom in hegtenis geneem.

Polisiebeamptes het beslag gelê op ‘n rewolwer sonder ‘n reeksnommer en ammunisie.

Die man is aangekla van gewapende roof en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.