Cyril vat City Press ombudsman toe

Deel op
Ferial in DA-blou
Ferial Haffajee, redaktrise in DA-blou

Die ANC gaan ’n klag by die persombudsman indien teen die Sondagkoerant City Press ná ’n berig dat mense Cyril Ramphosa uitgejou het en geweier het om sy hand te skud tydens sy besoek Sondag aan Seshego in Limpopo.

“Gaan weg, gaan weg. Jy’s nie welkom hier nie. Dis my huis. Mense gaan dood weens die ANC,” het een man volgens City Press gesê.

Cyril Ramaphosa, die ANC se adjunkpresident, het inwoners van Limpopo aangespoor om te stem anders gaan die “Boere” weer aan bewind kom, het die The Star Maandag berig.

Die werklose enkelma van drie het die ANC die skuld gegee vir die hoë werkloosheidsyfer en gesê sy het haar geloof in die party verloor.

“As al die Suid-Afrikaners nie stem nie, sal ons kwyn. Die Boere sal terugkom om ons te beheer,” het hy glo gesê.

Die ANC bestempel die City Press-berig as “fabrikasie en vervalsing”. The Star word egter geloof vir sy “akkurate, feitelike en gebalanseerde weerspieëling” van wat in Seshego gebeur het, “wat duidelik die sensasiebelaaide konkoksies en leuens wat in City Press gepubliseer is, weerspreek.

“Die manier waarop die res van die media oor dieselfde gebeurtenis berig het, wat wêrelde verskil van City Press se weergawe, laat mens vermoed dat die storie deur iemand anders in Johannesburg geskryf is, en nie deur die verslaggewer wat in Seshego was nie.

Dis jammer dat ’n verslaggewer gestuur word om ’n storie te doen, net dat sy storie vir hom geskryf word deur iemand in die nuuskantoor ten einde ’n spesifieke agenda na te streef. Dis g’n wonder nie die maatskappy is die onderwerp van rassespanning in die nuuskantoor,”  het Jackson Mthembu, nasionale woordvoerder, in die verklaring gesê. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.