DRK-vredesverdrag onderteken

Deel op
Sultani Makenga
Sultani Makenga sit

Die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) en die oorwonne M23-rebelle gaan Maandag ’n vredesverdrag onderteken.

Die rebelle – een van talle gewapende groepe in die mineraalryke, maar verarmde ooste van die land – is met behulp van ’n spesiale intervensiemag van die Verenigde Nasies oorrompel.

M23 word na bewering deur Rwanda en Uganda gesteun. Dié lande ontken dit.

Sowat 1 500 rebelle woon in kampe oor die grens met Uganda en minstens 100 beseerde vegters het na Rwanda uitgewyk.

Die groep het verlede week aangekondig dat hy ná 18 maande sy wapens neerlê. Baie van die rebelle is oudsoldate van die DRK-weermag.

Volgens ’n regeringswoordvoerder sal van die rebelle die opsie gegun word om terug te keer na die weermag, maar die lot van die sowat 100 bevelvoerders is onseker. Sultani Makenga, M23 se leier, was vir verskeie menseslagtings, verminkings, ontvoerings en verkragtings – ook van kinders – verantwoordelik.

Die welsynsgroep Oxfam sê meer as 30 ander gewapende groepe is aktief in die streek en dat burgerlikes nog op ’n daaglikse grondslag aan geweld blootgestel word. – Sapa/AFP

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.