Aandagsoeker spyker homself op Rooiplein vas

Deel op

spykerman’n Russiese politieke aandagsoeker wat Sondag sy genitalieë in die grond vasgespyker het buite Moskou se Rooi Plein, is Maandag vrygelaat.

Piotr Pawlenski het dit uit protes gedoen teen Rusland se “polisiestaat” op die land se nasionale polisiedag.

’n Video wys die naakte Pawlenski op Rusland se befaamde plein net buite die Kremlin nadat hy homself vasgespyker het. Die polisie het hom eers hospitaal toe geneem voordat hulle hom in hegtenis geneem het.

Hy is van “eenvoudige boewery” aangekla, maar ’n hof het die aanklagte afgewys.

Pawlenski is welbekend om sy selfskending. In 2012 het hy sy mond toegewerk uit protes teen die tronkstraf wat opgelê is aan drie lede van Pussy Riot. Dié punkgroep het sonder toestemming ’n katedraal gevandaliseer uit protes teen die Ortodokse Kerk se steun aan pres. Wladimir Poetin. – Sapa/AP

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.