Indiese beleggers na Lesotho

Deel op
Katsedam
Katsedam

‘n Sake-afvaardiging van Indië het in Lesotho aangekom om beleggingsmoontlikhede te ondersoek.

NUUT!

Die ministerie van Buitelandse Sake sê die afvaardiging van 15-lede sal moontlike beleggings ondersoek in sektore soos landbou, die mynbedryf en toerisme.

Hulle sal met amptenare van die Lesotho Nasionale Ontwikkelingskorporasie vergader, asook die Lesotho Toerisme Ontwikkelingskorporasie en die Basotho Ondernemingsontwikkelingskorporasie.

Die afvaardiging sal Donderdag ‘n sakeforum in Mafeteng, suidwes van Lesotho bywoon. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.