Rotte vreet baba in Diepsloot

Deel op

rat‘n Saak van moord word ondersoek nadat ’n sewe maande ou baba se verminkte liggaam in Diepsloot gevind is.

Inwoners het die babalyk Sondag alleen in ’n plakkershut gekry, het die Gautengse polisie Maandag gesê.

“Die polisie het met hul aankoms opgemerk dat een voet van die liggaam vermis is en ’n verdere ondersoek het getoon dat dit deur rotte afgebyt is,” het kapt. Tsekiso Mofokeng gesê.

Mofokeng het gesê die baba se ma is teen Maandagoggend nog nie opgespoor nie en het berigte dat die ma die baba as vermis aangemeld het, ontken.

’n Saak van kinderverwaarlosing is in September teen die ma aanhangig gemaak en twee van haar kinders is toe in hul ouma se sorg geplaas, het hy gesê.

Die ma het die sewe maande oue seuntjie glo Saterdag by sy ouma gaan haal.

Vroeër het honderde inwoners die strate ingevaar nadat twee gevalle van kinderverkragting en -moord gemoedere opgejaag het. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.