‘Stem of die Boere is terug!’

Deel op
Cyril is deesdae bang vir sy ou vriend Roelf (links)
Cyril is deesdae bang vir sy ou vriend Roelf (links)

Die ANC se adjunk-president Cyril Ramaphosa het Limpopo se inwoners gewaarsku om te stem of anders sal die “Boere” terug aan bewind kom.

“As jy nie stem nie sal die Boere weer kom om ons te beheer,” het Ramaphosa glo gesê in Seshego .

The Star het Maandag berig dat hy gepraat het met ‘n ontevrede inwoner Johanna Phala, 49, wat sê sy gaan nie te stem in volgende jaar se verkiesings nie, want die ANC het haar teleurgestel.

Die werklose enkelma van drie blameer die hoë werkloosheidsyfer op die ANC en het gesê sy hoop die party verloor.

Ramaphosa het haar gevra om haar woede teenoor die ANC-regering te heroorweeg.

Hy was in Seshego, tuisdorp van die EFF-leier Julius Malema.

“As alle Suid-Afrikaners nie stem nie, sal ons agteruitgaan. Die Boere sal terugkom om ons te beheer.”

Vroeër het ‘n studie bevind dat 46% van die jeug van alle rasse glo dat die DA apartheid sal terugbring as hulle aanstaande jaar se verkiesing wen.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.