Westerse hulp stroom in na Filippynse supertifoon

filippyneHulp na die Filippyne uit die Weste stroom in nadat die omvang van die verwoesting wat deur die supertifoon, Haiyan gesaai is, bekend geraak het. Die Filippyne is oorwegend Rooms Katoliek en is deel van die wêreldwye Rooms-Katolieke Kerk.

Dit is ook een van die twee lande in Asië met ‘n oorwegend Rooms-Katolieke bevolking (die ander is Oos-Timor), en is die derde grootste Katolieke land in die wêreld na Brasilië en Mexiko.

Die geloof is deur Spaanse sendelinge en koloniseerders gebring gedurende die 16de eeu. Die Filippyne word as die sterkste Christelike invloed in Asië beskou.

‘n Span Australiese medici sal hulle Woensdag by ander rampkenners aansluit, en miljoene dollar is deur die regering beloof.

Die Britse regering het op sy beurt ‘n hulppakket van sowat 10 miljoen dollar aangebied. Die Amerikaanse regering het intussen vliegtuie, helikopters en skepe sowel as spesialis soek-en reddingsspanne beskikbaar gestel om bystand te verleen.

Die regerings van die Filippyne se buurlande, Taiwan en Singapoer het ook honderde duisende dollar bewillig, terwyl Duitsland, Kanada en Nieu-Seeland ook hulp sal stuur.

Tien duisend mense is vermoedelik dood en miljoene ontwrig.

Pous Franciskus het Sondag tydens ‘n gebedsbyeenkoms lede van sy kerk aangemoedig om hulp te stuur.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.