African Bank verloor meer as kwart van sy waarde binne minute

Deel op

africanbankAfrican Bank Investments se aandeelprys het Maandagoggend met meer as 26% geval nadat die groep ‘n yslike verlies bekend gemaak het.

Die groep wil sy ’n kapitaalvlakke ’n hupstoot gee deur ’n regte-uitgif van R5,5 miljard, onderskryf deur Goldman Sachs.

African Bank, die grootste plaaslike verskaffer van ongesekureerde lenings, het in die jaar tot September ’n verlies van R4,2 miljard gely nadat die waarde van sy meubelgroep Ellerines met R4,6 miljard afgeskryf is. 

Sy verdienste per aandeel, eenmalige items uitgesluit, het met 88% geval tot 45,1c en die gewone dividend per aandeel het met 85% geval tot 30c.

Die groep het in ’n verklaring gesê dat swakker verbruikersvertroue, druk op besteebare inkomste, hoër skuldvlakke en arbeidsonrus tot ’n laer vraag na sy kredietprodukte en produkte gelei het. Agterstallige skuld het ook toegeneem.

“Die gebeure van die afgelope jaar het bewys dat ons nie sterk genoeg opgetree het nie,” het die groep gesê. Lenings van “lae gehalte” is verlede jaar toegestaan.

African Bank het Ellerines in 2008 gekoop vir R9,2 miljard en wil nou dié verliesmakende eenheid, wat sowat 1 000 winkels het, verkoop. – Bloomberg

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.