Konsternasie in Israel met naderende ooreenkoms tussen VSA, Iran

Deel op
EU se Catherine Ashton en Irans se minister van buitelandse sake Mohammad Javad Zarif
EU se Catherine Ashton en Iran se minister van buitelandse sake Mohammad Javad Zarif

Gesprekke tussen Iran en ses wêreldmagte oor Teheran se kernambisies kan sloer nadat die linkse, Sosialistiese regering van Frankryk probeer het om die konsensus tussen die VSA en Iran te ontspoor, het diplomate gesê.

Ministers van Iran en die groot moondhede het laat Saterdag ‘n reeks vergaderings gehou om ‘n ooreenkoms te bereik wat dele van Iran se kernprogram bevries in ruil vir die verligting van sanksies.

Iran het reeds herhaaldelik gesê dat hulle nie in ‘n kernbom belangstel nie, maar slegs in kernenergie.

“Pogings om ‘n ooreenkoms te verseker is nog steeds met groot intensiteit aan die gang, ” het ‘n Westerse diplomaat naby aan die gesprekke gesê.

Die laaste rondte van gesprekke het Donderdag begin en die Amerikaanse minister van buitelandse sake John Kerry het onverwags Vrydag opgedaag om die gesprekke te laat vlot.

Terwyl ‘n handdruk
Saterdag nog onwaarskynlik gelyk het, het Westerse diplomate gesê die gesprekke sal na verwagting binne ‘n paar weke afgehandel wees.

Die Franse minister van buitelandse sake Laurent Fabius, wat ‘n stok in die wiel probeer steek, het ook gesê dit was nie duidelik of die afvaardigings dadelik die tussentydse ooreenkoms sal sluit nie,

“Die Amerikaners, die EU en die Iraniërs werk intensief saam nou al vir maande aan hierdie voorstel, en dit is niks meer as ‘n poging deur Fabius om homself op dié laat stadium te voeg in die onderhandelinge as synde ‘n relevante party nie,” het ‘n diplomaat aan Reuters gesê, op voorwaarde van anonimiteit.

Buitelandse ministers van vier van die vyf permanente Veiligheidsraadlede – Brittanje, Frankryk, Rusland en die Verenigde State van Amerika – asook Duitsland het deelgeneem in Saterdag se gesprekk . China, wat ook ‘n permanente lid is, het ‘n adjunk- minister van buitelandse sake gestuur wat laat opgedaag het.

Maar dit is die Amerikaners en Iran wat die mag het om te maak of te breek aan ‘n ooreenkoms, alhoewel hulle reeds vir drie dekades nie diplomatieke bande het nie.

John Kerry het Vrydag van Tel Aviv gereis na ‘n gespanne vergadering met die Israeliese eerste minister Benjamin Netanyahu , wat ‘n ontluikende kompromie met Iran totaal verwerp. Die VSA se vredespogings word met algehele konsternasie in Israel begroet wat reeds ontstoke is dat Sirië nie aangeval is deur die VSA nie.

Netanyahu het Kerry en sy Europese eweknieë gewaarsku dat Iran “die transaksie van die eeu” gaan sluit as sanksies gedeeltelik opgehef word. Israel is bang dat Iran se invloed in die streek uitbrei en span saam met Soennie-Moslems wat bereid is om terreur te pleeg, om dit te verhoed.

Israel, wat die Midde-Ooste se enigste kernarsenaal het, beskou Iran as sy aartsvyand en het reeds herhaaldelik met militêre optrede teen Teheran gedreig as die land se hele kernenergieprogram nie afgeskaf word nie. Die meeste lande dink Israel se oorlogsugtige houding is nie realisties of haalbaar sonder die hulp van die VSA nie.

Iran verwerp sulke eise en sê elke soewereine land het die reg om op kernenergie staat te maak. Die meeste diplomate erken dat Teheran se kernkapasiteit – wat eksponensieel uitgebrei het sedert 2006 – maak dit onrealisties om die bedryf heeltemal af te sluit.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.