Wat beteken ‘regs en rassisties’?

Deel op

roodt_dan_wiki

deur Dan Roodt

[followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Hou van Dan Roodt se Facebookblad

Vele lesers van hierdie blad is waarskynlik daarvan bewus dat ‘n naamlose Facebook-groep aanhoudend klagtes teen PRAAG aanmeld by Google en adverteerders wat van hul netwerkadvertensiediens gebruik maak. Die gevolg is dat Google ons netwerkadvertensies afgeskakel het, wat vir ons ‘n aansienlike verlies aan inkomste beteken.

In die proses het hierdie ekstreemlinkse drukgroep egter ook Afrikaans benadeel, want soos dit vir ons lyk, gaan Google geen advertensies meer op enige Afrikaanse webwerwe toelaat nie. Ons argument is dat Afrikaans aan die groter taal Nederlands verwant is en daarom behoort ons blad vir “Suid-Afrikaanse Nederlands” deur te gaan. Immers verskil Suid-Afrikaanse Engels ook veel van Amerikaanse, Britse, Kanadese of Australiese Engels.

In vandag se Rapport verskyn daar ‘n berig deur Jana van der Merwe en Pieter Malan onder die opskrif: ‘Dan Roodt praat g’n vir my nie’ – Afrikaanse vrou begin aksie. Selfs in hierdie opskrif is daar sprake van ‘n denkfout, want nêrens ter wêreld bestaan daar ‘n vereiste dat ‘n mens “namens ander moet praat om te kán praat nie”. Onderliggend aan dié naamlose “jong wit Afrikaanse vrou” se veldtog teen PRAAG is ‘n soort Leninisme wat bepaal dat slegs die Kommunistiese Party wat namens die werkersklas praat, toegelaat moet word om hoegenaamd enigiets te sê of te publiseer.

Ondersteun praag asb. dringend

Suid-Afrika beskik reeds grootliks oor ‘n de facto-eenpartystelsel, met die ANC wat alle provinsies en feitlik alle munisipaliteite buite die Wes-Kaap regeer. Moet ons nou boonop Leninistiese eenpartydenke óók aanvaar?

Iewers het ek in Engels geskryf, “rassisme” is die simulakrum die Nuwe Suid-Afrika se verlore morele kode. Jy kan moor, verkrag, steel of die staat/munisippaliteite plunder net soveel soos jy wil, maar solank jy “anti-rassisties” is, is jy ‘n goeie mens.

Dit amuseer my nogal dat die naamlose jong vrou (dalk Carina Papenfus?) dink dat my denke “argaïes en nie feitelik korrek is” nie. Asof die soort Oos-Duitse kommunisme wat deesdae in ons land geld “modern” is! Nietzsche het gesê dat kommunisme die mees agterlike en primitiewe staatsvorm is. Die denke van die Eurorpese Verligting gaan eintlik by dié mense verby; hulle heg nie waarde aan die rede nie en predik ‘n blindelingse geloof in politieke korrektheid.

Eintlik is Mandela nie die vader van die NSA nie, maar Joe Slovo, na wie Harrowweg hier in Johannesburg hernoem is. Ek sal nooit aanvaar dat ons Slovo se rampspoedige ideologie slaafs moet navolg nie, al word dit deur Rapport en die meeste Nasperspublikasies nagepraat.

Dwarsdeur die wêreld is Links intellektueel bankrot. Lees maar die onlangse berig in die New York Times oor Wes-Europa waar sogenaamde “populistiese, regse partye” in al die lande opgang maak. Reeds sedert die 1940s het George Orwell, Arthur Koestler, Albert Camus, Raymond Aron, André Glücksmann, Jean-François Lyotard, Pascal Bruckner en vele ander Westerse intellektuele kritiek op kommunisme gelewer. Pole, Rusland, Tsjeggië en die res van Oos-Europa het insgelyks kommunisme en marxisme verwerp.

“Gelykheid ten alle koste” het 100 miljoen mense in die twintigste eeu laat sterf. Ook in Suid-Afrika veroorsaak dit verwoestende geweld, wat maar net ‘n voortsetting van Slovo en kie. se afstootlike terreur uit die tagtigerjare is. Met die hulp van die berugte Oos-Duitse geheimediens, die Stasi, het Slovo en sy luitenante Rashid Aboobaker Ismail en Ronnie Kasrils, die Kerkstraat- en Amanzimtoti-bomme geplaas. Hulle het ook verskeie ander dodelike ontploffings in Wimpy-restaurante veroorsaak.

Wie ook al die “jong, wit Afrikaanse vrou” is wat agter die veldtog teen ons webblad sit, sy maak haar skuldig aan Stasi-denke. Slegs menings wat strook met die heerrsende, linkse ideologie van die ANC en Suid-Afrikaanse Kommunisteparty moet geduld word. Alles wat daarvan afwyk word as “regs en rassisties” getipeer.

Ook die term “fascis” wat tydens sewentig jaar van kommunisme in Oos-Europa vrylik gebruik is om dissidente mee te stigmatiseer, word deesdae algemeen in Suid-Afrika gebruik. Die Naspers-rubriekskryfster, Christi van der Westhuizen, besig dit ook om haar opponente te tipeer. As jy nie “regs en rassisties” is nie, is jy ‘n fascis. In Oos-Duitsland is die term “anti-fascistiese verskansingsmuur” gebruik vir die berugte muur wat sewentien miljoen Duitsers in hul eie land gevange gehou het. Nie net het die berugte “muurskieters” hul eie mense afgemaai wat oor die muur probeer klim het nie, maar hulle het selfs op Wes-Duitse gesinne geskiet wat per ongeluk die grenslyn in ‘n bootjie iewers op ‘n Berlynse meer of rivier oorgesteek het.

Joe Slovo, Mandela se baas en die meesterbrein agter die kommunistiese oorname van Suid-Afrika, was goed bevriend met Markus Wolf, die geheimsinnige hoof van die Oos-Duitse Stasi.

Vir linkses is enige trots op die eie kultuur, liefde vir die eie taal (soos Afrikaans), selfs iets so onskuldigs soos Boerekos, gelykstaande aan “fascisme”. Soos Jonathan Jansen ook gesê het: “As jy die ras van jou dogter se kêrel waarmee sy Vrydagaand uitgaan kan voorspel, is daar iets met haar opvoeding verkeerd.” Iewers praat Van Wyk Louw van die “mensvleisbredie” waarin Afrikaners gevaar loop om te versink. Wat vir Louw egter ‘n gevaar was, is vir die linkse internasionaliste ‘n ideaal: Almal moet deel van die mensvleisbredie word en diegene wat hul eie kultuur of identiteit wil behou, moet desnoods stilgemaak word. En as jy eers stil is, is dit soveel makliker om jou sommer boonop dood te maak, want moord en terreur het nog nooit in die pad van linkse revolusionêre gestaan nie.

Tydens ‘n TV-onderhoud met die Franse skrywer Richard Millet het hy ironies na drie aspekte van sy identiteit verwys:

  1. Ek is heteroseksueel; wat ‘n skande!
  2. Ek is ‘n blanke Fransman; wat ‘n skande!
  3. Ek is Katoliek; wat ‘n skande!

Binne ons konteks word elkeen van ons wat as heteroseksueel, blank en met min of meer christelik-protestantse waardes beskryf kan word, dus deur die ekstreemlinkse ideoloë in beheer as “regs en rassisties” of selfs “fascisties” beskou. Soos al die rampspoedige links-radikale revolusies van die twintigste eeu, staan die Suid-Afrikaanse revolusie in die teken van “verandering” oftewel “transformasie”.

Dis nie genoeg dat die hele politieke orde, die onderwys, die media en die heersende kultuur verander nie; ook die mens self moet verander. Hy moet inderdaad ‘n “nuwe mens” word, na die norme van die revolusie.

Soos ek al soveel kere geskryf het, het die oorlog glad nie met die magsoorname in 1994 opgehou nie. Dis tans bloot oorlog met ander middele. Nou nie meer die bom op straat of in in die Wimpy nie, maar die oproep tot volksmoord op alle Afrikaners (dubula iBunu) of “elimineer die regses, rassiste en fasciste”. Die Facebook-groep teen PRAAG en Afrikaners is bloot die keersy van Julius Malema: óf ons moet onvryheid aanvaar, óf ons moet uitgedelg word.

Selfs die DA, wat oor die afgelope jare teen ‘n spoed na links beweeg het, het vandeesweek (te laat) spyt gekry dat hy vir die nuwe wet op swart bemagtiging gestem het. Op die keper beskou, is die staat, wat ons as sy vyand beskou, besig om op elke vlak in ons lewens in te meng: in ons taal, ons kultuur, ons identiteit, ons ekonomiese lewe, ons menswees.

Die vraag is: gaan ons vir lief neem om maar deel van die mensvleisbredie te word? Soos slawe wat onder die totalitêre sweep verbitterd maar gedweë hul lot moet aanvaar?

Of gaan ons ten minste ons spraak- en meningsvryheid verdedig teen diegene wat juis – en so verskriklik – namens ons wil praat?

Ondersteun praag asb. dringend

praagcoza_adv

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.