
Die konserrwatiewe leier André Visagie is skuldig bevind aan die onwettige besit van wapens en ammunisie, het Beeld Saterdag berig.
Sy seun, Jan, 18, wat sy mede-aangeklaagde was, is in die Kimberleyse landdroshof vrygespreek.
Landdros Vernon Smith het gesê Visagie, leier van die Geloftevolk-Republikeine, het “geen vertroue” in die polisie nie en is ook bekommerd oor plaasaanvalle wat hom laat glo dat mense in staat moet wees om hulself te beskerm.
Visagie het vroeër aan die hof gesê dat ‘n trommel wapens wat in sy seun se kamer ontdek iss, daar geplant is.
Smith het Visagie skuldig bevind maar gesê dat daar geen getuienis is dat sy seun van die wapens in die instapkas in sy kamer bewus was nie.
‘n Vonnisdatum moet nog bepaal word. – Sapa