‘Vorige Jeugliga-leiers was skelm’

Deel op
Mzwandile Masina
Mzwandile Masina

Oneerlike voormalige ANC-jeugligaleiers het die organisasie “drooggemelk”.

“Ons weet vir ’n feit dat die oneerlike voormalige lede wat die organisasie drooggemelk het nou ander selfverrykende skemas in die vorm van nuwe politieke partye begin het,” het die sameroeper van ’n mediakonferensie, Mzwandile Masina,  Donderdag aan verslaggewers gesê.

Hy het egter nie uitdruklik verwys na die geskorste jeugligapresident Julius Malema nie.

Die ANC-jeugliga is verlede week voorlopig bankrot verklaar weens agterstallige skuld van sowat R17 miljoen wat die liga glo nie kan betaal nie.

 Masina het gesê die liga se skuld kan nog veel meer wees aangesien daar “daagliks” nog rekeninge by hul deur opdaag.

 Die liga moet teen 27 Januarie 2014 aan die hooggeregshof in Johannesburg redes verskaf waarom hy nie permanent gelikwideer moet word nie. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.