Kattebaklyk: Vier voor wat geld onttrek

Deel op
Maruschka Robinson
Maruschka Robinson

Vier mans het in die Randburg-landdroshof verskyn op aanklagte dat hulle geld uit die vermoorde Justan Blom se rekening onttrek het.

Die broers Louis en Heinrich Coetzee, sowel as Ian Manyika en Alex de Kooker het Donderdag elk op twee aanklagte van bedrog in die hof verskyn, berig The Star.

Drie van die mans sal volgende Dinsdag ‘n borgtogaansoek bring wanneer hulle weer verskyn.

Die vier word daarvan beskuldig dat hulle meer as R100 000 uit Blom se bankrekening onttrek het. Volgens die berig het Eerste Nasionale Bank ook ‘n saak aanhangig gemaak.

Ondersoekbeamptes in die saak probeer vasstel of die vier betrokke was by die moord op Blom.

Maruschka Robinson, ‘n voormalige ontkleedanseres, en haar kêrel, die vermeende dwelmhandelaar Jean-Pierre Malan, staan tereg op aanklag dat hulle Blom vermoor het. Die twee is op die geslotekringkamera vasgevang toe hulle die geld onttrek het.

Hulle verskyn weer op 16 Januarie in die hof en sal tot dan in aanhouding bly.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.