Vloede in China laat ongeveer een miljoen dakloos

Deel op

Weke van gietende reën het veroorsaak dat rivier oor hul walle gestoot het in suidelike China waar 1,27 miljoen mense uit hul huise vedryf is en ander gister gedwing is om op dakke te sit in afwagting op verdere reënbuie.

Deel op

Die vloede het 112 mense in 12 provinsies gedood, het die ministerie van burgerlike sake vandag op sy webtuiste gesê. Siedende riviere het tienduisende huise laat ineenstort, het oeste oor 'n miljoen hektaar van landbougrond beskadig en meer as 12 miljard rand se ekonomiese verliese veroorsaak.

Die vloede is die derde groot natuurramp wat China vanjaar tref soos wat die land gereed maak om die Olimpiese spele in Augustus aan te bied.

в бассейнФільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.