DA-raadslid vas vir bedrog

Deel op

sassaDie Burger berig dat ’n DA-raadslid vasgetrek is vir bedrog met maatskaplike toelae.

Die DA het gesê hulle sal eers kommentaar lewer nadat hulle ‘neie ondersoek” gedoen het.

Die ANC het Toko se bedanking geëis, en bedrog steel die armes se “brood uit hul monde.

Michael Sandile Toko (61) van Delft is Woensdag deur die Valke by sy huis in hegtenis geneem en het Donderdag in die Bellville-landdroshof op ’n aanklag van bedrog verskyn.

Toko wat sowat R400 000 per jaar verdien, het Donderdag om regshulp aansoek gedoen. Hy het benewens sy salarsis ook ‘n selfoon- en reistoelaag ontvang.

Hy het glo voorgegee dat hy werkloos is en by die regering om ’n maatskaplike toelaag aansoek gedoen.

Dit is goedgekeur en Toko het glo die laaste paar maande sowat R30 000 aan toelaes ontvang.

Die saak teen Toko is tot 22 November uitgestel. Hy is uit op borgtog.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.