Die vakbondfederasie, Cosatu, sit sy stryd teen die Gautengse e-tolstelsel voort.
‘n Nuwe aanval teen die e-tolstelsel gaan ook geloods word deur te fokus op ‘n tegniese punt – die manier hoe die wetgewing in die parlement beraadslag is, sê die DA.
Die party het Donderdag gesê dit sal ‘n Hooggeregsbevel bring om die grondwetlikheid van die wetgewing, wat in September deur pres. Jacob Zuma geteken is, teen te staan.
“Ons glo dat daar nie genoeg oor die e-tol wetgewing namens die betrokke partye beraadslaag is nie” het die DA-woordvoerder, Mmusi Maimane, gesê.
Die DA glo die regstryd sal die inwerkingstelling van die stelsel in Gauteng vertraag.
Protesoptredes deur Cosatu word beplan waartydens betogers teen ‘n slakkepas op hoofroetes in Gauteng sal ry.
Die betogings sal op die M1, N1, N12 en M2 plaasvind en die konvooi sal vanaf Cosatu-huis in Braamfontein vertrek.
Die woordvoerder van Cosatu, Phuthas Tseki, sê na verwagting sal sowat 50 motors aan die betoging deelneem.
Hy sê hoewel daar mense is wat dit moeilik sal vind om te verstaan wat hulle doen, steun die meerderheid van motoriste Cosatu se opstand teen die e-tolstelsel.
Dinsdag word soortgelyke betogings op hoofroetes in Ekhurhuleni beplan. – Sapa