VSA wil transvette verbied

Deel op

transfat2Amerika se federale voedsel- en medisynebeheerliggaam, die Food and Drug Administration (FDA), het Donderdag aangekondig dat hy van die kosindustrie gaan verwag om transvette uit te skakel.

Volgens die organisasie kan so ‘n stap tot 20,000 hartaanvalle  en 7,000 sterftes jaarliks verhoed.

‘n Spertyd is nog nie vasgestel vir die finale uitfasering nie. Kommentaar oor die plan sal oor die volgende paar maande ingewin word voordat amptenare sal bepaal hoe lank dit behoort te neem.

Transvette word beskou as die vet wat slegste is vir ‘n mens se gesondheid. 

Dit word in kosse soos mikrogolf-springmielies, gevriesde pizza, skyfies en gevriesde deeg gevind. – Sapa/AP

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.