Haatmoordenaars vandag gevonnis

Deel op
Die moordenaars
Die haatmoordenaars

Die twee Kleurling beskuldigdes, Lindon Wagner en Robin Harwood wat ‘n wit tienermeisie lewendig verbrand het, sal vandag hul vonnisse aanhoor.

Die vier sal vandag in die Suid-Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg gevonnis word weens die moord op die Kirsty Theologo.

Die hofuitspraak sal in Palm Ridge, Johannesburg gelewer word.

Daar word beweer dat Theologo verlede jaar in ‘n “satanistiese ritueel” doodgemaak is. Die vermoorde is geteiken uit haat omdat sy wit was. Theologo is bedwelm waarna sy aan die brand gesteek is.

Sy het daarin geslaag om huistoe te strompel, maar het later aan haar wonde beswyk.

Wagner en Harwood is ook skuldig bevind aan poging tot moord en aanranding.

‘n Derde Kleurlingverdagte, Harvey Isha is op alle aanklagte vrygespreek, terwyl die Kleurlingvrou Courtney Daniels skuldig bevind is aan gewone aanranding.

Daniels het remvloeistof in Theologo en haar vriend se drankies gegooi wat hulle voor die ritueel bewusteloos gemaak het. Sy is tot ses maande gevonnis, opgeskort vir vyf jaar.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.