Die Poolse hardloper Jaroslaw Janitsjki het tweede en die Zimabwiër Stephen Muzhingi derde geëindig voor 'n juigende skare by die Ovaalstadion in Pietermaritzburg.
Russiese vroue het skoonskip gemaak in die vrouewedloop deur die eerste, tweede en derde plekke in te neem. Elena Noergaliewa was die wenner, gevolg deur haar tweelingsuster. Tatjana Zirkowa het in die derde plek by die wenpaal verby gedraf.
Verlede jaar het Sjwetsof die afwaartse rekord geslaan.