Ramaphosa wil onderwysers keur

Deel op
Cyril probeer die Westerse roete...
Cyril probeer die Westerse roete…

Cyril Ramaphosa, adjunkpresident van die ANC, meen bevoegtheidstoetse vir onderwysers moet opnuut ingestel word.

Ramaphosa het gesê onderwys sal slegs verbeter indien onderwysers die omstrede toetse doen, het City Press op sy webwerf berig.

“Almal moet hulself meet teen diegene wat beter is, en die enigste manier hoe jy dit kan doen, is om jouself oop te stel vir evaluering met die doel om jouself te verbeter.

Ramaphosa het gesê onderwysers is swak opgelei weens die nalatenskap van apartheid.

“Ons blameer dikwels die onderwysers, maar dit is eintlik nie hulle skuld dat hul bevoegtheid so swak is nie.

Die onderwysvakbond Sadou se hoofsekretaris, Mugwena Maluleke, het gesê ‘n breër hersiening is nodig om problem in die onderwysstelsel die hoof te bied.

Hy het gesê onderwysers bied dikwels vakke aan waarvoor hulle nie opgelei is nie, en sal dus nie goed presteer in bevoegtheidstoetse nie.

“‘n Vaardigheidsoudit sal kyk na watter vaardighede beskikbaar is en waar en hoe dit doeltreffend gebruik kan word. Dit sal swakhede uitwys wat verbeter kan word.” – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.