‘Ontleed misdaadinligting’

Deel op

issDie akkurate insameling van inligting oor misdaad is deurslaggewend vir misdaadvoorkoming.

Dit is die mening van die afgetrede polisiebeampte, Generaal-majoor Chris de Kock.

Hy sê die inligting wat op die Misdaad Administrasiestelsel vasgelê word, behoort deurlopend ontleed te word om inligting oor gevaarpunte, spitstye en die beweegredes van misdadigers te bekom.

De Kock was 18 jaar vir die inwinning van misdaad-data by die SAPD verantwoordelik.

Sy kommentaar volg op die Instituut vir Sekerheidstudies se aankondiging dat die polisie se mees onlangse misdaadstatistieke nie korrek is nie.

Die ISS sê die rede is dat daar ernstige statistieke flaters op nasionale vlak begaan is. Die instituut het ‘n amptelike onafhanklike ondersoek na die swak berekening aangevra.

Die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) het gevra vir ’n onafhanklike kommissie van ondersoek na die misdaadstatistieke van die Suid-Afrikaanse Polisiediens.

Die ISS sê hy het foutiewe statistieke opgespoor.

Die ISS sê dié fout gee aan Suid-Afrikaners ’n vals prentjie van die gevare wat hulle bedreig en dit verbloem die toename in gewelddadige misdaad.

Die fout spruit blykbaar daaruit dat twee verskillende bevolkingskattings vir die twee jaar vergelyk is.

Die ISS se Gareth Newham sê: “Omdat die grondslag van die formule verkeerd is, het dit die toename in élke kategorie verminder. Byvoorbeeld, volgens die polisieverslag het moord met 0,6% opgegaan terwyl dit wérklik met 2,8% gestyg het.”

Die instituut sê hy verwerp nie die syfers nie – hy stem bloot nie saam met die afname of toename wat in sommige kategorieë verklaar is nie. – RSG/EWN

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.