Kom ons maak soos Jode en kla al ons vyande voor die voet aan!

Deel op

roodt_dan_wikiDie berig wat so pas op die Engelse praag verskyn het, het my nou aan die dink gesit. Dit gaan oor ‘n Libanees, Hassan Diab, wat daarvan verdink word dat hy by die beplanning van ‘n terreuraanval op 3 Oktober 1980 by ‘n Joodse sinagoge in die rue Copernic in Parys betrokke was. Diab appelleer tans teen die uitleweringsbevel wat ‘n vorige Kanadese hof teen hom toegestaan het en wat bepaal dat hy in Frankryk tereg moet staan vir sy moontlike aandeel aan die terreurdaad.

Hoeveel terreurdade is daar nie teen ons, die Afrikanervolk, in die tagtigerjare gepleeg nie? Sommige van die oortreders is wel deur die ou regering vervolg en bestraf, maar veral die beplanners en leiers het meesal skotvry daarvan afgekom. Van hulle het amnestie by die WVK gekry, maar baie het nie eens aansoek gedoen nie. Myns insiens was die hele amnestieproses in elk geval gebrekkig en bevooroordeeld teenoor ons, omdat Tutu en sy trawante hoegenaamd nie opgeleide regters of regslui was nie, afgesien nog van die feit dat hulle hatig anti-Afrikaans is.

Ek is dik daarvoor dat allerlei mense, waaronder joernaliste van Naarpers, die BBC, die Guardian, New York Times en ander, ons gedurig daarvan beskuldig dat ons “misdade teen swartes” gepleeg het. Ons word opgesaal met historiese en witskuld terwyl ons ongeveer ‘n derde van ons belastingbasis gebruik het om swartes op te hef deur middel van onderwys, gesondheidsbesteding en landbou-ontwikkeling. Die mees groteske aantygings word teen ons gemaak, sonder dat dit ooit in ‘n hof bewys is.

Toneel van die Amanzimtoti-bom
Toneel van die Amanzimtoti-bom

Hierteenoor is die feite oor al die Wimpy-restaurantaanvalle van die tagtigerjare, die Kerkstraatbom, die Amanzimtoti-bom en vele ander bekend. Onlangs is Tokyo Sexwale by John F. Kennedy-lughawe toegang tot die VSA geweier omdat hy ‘n terroris was, en met reg!

Die Afrikaner aanvaar al die onregmatige, leuenagtige beskuldigings teen hom met gelatendheid, maar doen niks om diegene wat hom leed en skade berokken het, te laat vervolg nie!

Kennelik sal geen Suid-Afrikaanse hof die terreurdade van die tagtigerjare wil verhoor nie omdat ons howe kwalik meer onafhanklik is. Terreur en aanvallle op burgerlikes is egter misdade wat internasionaal strafbaar is. Daar bestaan ook verskeie Europese lande met universele jurisdiksie sodat ‘n misdaad wat in ‘n ander land gepleeg is daar verhoor kan word.

Het dit nie tyd geword dat ons ons vyande wat ons steeds op elke gebied probeer benadeel en nou ook plaasmoorde en ander verskrikkinge teen ons pleeg die stryd in die internasionale howe aansê nie? Ek is seker daar sal simpatieke Europese groepe wees wat ons hierin sal bystaan en dit hoef ook nie miljoene rande te kos nie.

Al wat kortkom, is die wil en die energie om dit te doen.

praag beskik oor ‘n regskomitee en ek voel dis iets wat ons met welslae kan voer, mits die publiek ons finansieel sal ondersteun deur meer debietorders uit te neem.

Dink net watter enorme uitwerking dit sal hê as een van ons bekende en gepamperlangde terroriste aan ‘n uitleweringsbevel na ‘n Europese land onderworpe raak! Dit sal ook baie doen om fw de klerk se onbekookte oorgawe aan die ANC en SAKP onder die soeklig te plaas.

Of is ek die enigste wat so sterk oor die saak voel?

Aanval is die beste geweer! Maar kom ons doen dit op ‘n slim manier.

Laat elke terroris wat sy hand teen ‘n onskuldige Afrikanerkind of -volwassene gelig het daarvoor boet!

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.