Kliniek aan die brand gesteek, plakkers beset hospitaalgrond

Deel op

flamesn Kliniek is op Randfontein aan die Wes-Rand aan die brand gesteek deur mense wat hulle as betogers voorgedoen het.

Die brand is blykbaar gestig deur inwoners van die Zenzele-lokasie by die dorp.

‘n Woordvoerder van die Gautengse departement van gesondheid, Simon Zwane, sê meer as 1.300 pasiënte per maand is by die kliniek behandel.

Hy sê die personeel sal na ander klinieke om Randfontein uitgeplaas word. Die LUR, Hope Papo, het die voorval veroordeel.

In die Oos-Kaap het die LUR vir Gesondheid, Sicelo Gqobana, die besetting van hospitaalgrond op Sterkspruit skerp veroordeel.

Inwoners het plakkershutte op die grond opgerig wat volgens die LUR ‘n gesondheidsrisiko is. Die hospitaalbestuur sal nou opdrag kry om dit af te breek. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.