Verwarring heers oor ANC se beleidsrigitngs

Deel op

beleidDie Sentrum vir Ontwikkeling en Ondernemerskap sê daar is geen gemeenskaplike grond en samehangende beskouing in die regering se drie belangrikste ekonomiese beleidsrigtings nie.

Die uitvoerende direkteur van die Sentrum, Ann Bernstein sê die ekonomie is in die moeilikheid en Suid-Afrika het sekerheid nodig oor beleidsrigtings.

Sy het verwys na die regering se Nasionale Ontwikkelingsplan, die departement van Ekonomiese Ontwikkeling se Nuwe Groeiplan en die departement van Handel en Nywerheid se Nywerheidsbeleid-aksieplan.

Bernstein sê die drie dokumente gee teenstrydige weergawes van die land se beperkings en het verskillende idees oor waar werkskepping sal plaasvind.

Sy sê dit is nie duidelik watter een van die drie benaderings die regering kies nie. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.