Shell gaan Nigeriese bates verkoop weens sabotasie

Deel op

shellnigeriaDie oliereus Shell het Maandag gesê hy gaan van sy bates in Nigerië verkoop weens diefstal en sabotasie in dié land

“Sommige lisensies is te koop, insluitend sommige pypleidings. Ons het nog nie bevestig watter nie,” het Simon Henry, Shell se finansiële hoof, gesê.

Henry het aangedui dat Nigeriese maatskappye groot belangstelling toon.

Die diefstal van ruolie en die beskadiging van pypleidings kos die land na raming R60 miljard per jaar aan verlore inkomste. Die gesteelde olie word op die swartmark verkoop. Die skade lei gereeld tot ontploffings, brande en besoedeling.Shell, die grootste oliemaatskappy in die land, gee die sabotasie ook die skuld vir die besoedeling in die Niger-delta in die suidooste van die land.

In Oktober het Shell aangekondig sy wins vir sy derde kwartaal het met 35% gedaal, grootliks  weens die ontwrigting van produksie in Nigerië.

Meer as 2 miljoen vate per dag word in Nigerië, die grootste produsent in Afrika, gelewer. – Sapa/AFP

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.