Nuwe Firefox-internetblaaier op pad

Image'n Nuwe weergawe van die Firefox-webblaaier is geskeduleer om Dinsdag vrygestel te word met verbeterings in veiligheid, spoed en ontwerp.

Baie van die gevorderde eienskappe in Firefox 3 behels boekmerke. Die nuwe weergawe laat internetgebruikers to om sleutelwoorde of etikette by te voeg per onderwerp. 'n Nuwe Plekke-fasiliteit laat gebruikers toe om vinnig webtuistes te besoek wat hulle onlangs geboekmerk of geëtiketteer het, asook bladsye wat hulle dikwels besoek maar nog nie geboekmerk het nie.

Daar is ook 'n nuwe sterretjieknoppie om maklik webtuistes by jou boekmerklys te voeg – soortgelyk aan wat op Microsoft se Internet Explorer 7 beskikbaar is.

Firefox is ook beskikbaar in 'n Afrikaanse weergawe vir plaaslike gebruikers.

casino slots freeФільчаков Олександр Васильович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.