Seun in die kop geskiet in oproer

Deel op

stones’n 12-jarige seun is gewond tydens ’n betoging in Jabulani, Soweto, het die polisie in Gauteng Dinsdag gesê.

Ao. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, het gesê die kind is Vrydag geskiet.

“Die seun is na bewering in die kop geskiet en was teen gister [Maandag] steeds in die hospitaal.

“Ons weet nie wie hom geskiet het nie. Dit is tussen die Johannesburgse metropolisie en die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Ons ondersoek die saak.”

’n Saak van poging tot moord is Maandag geopen nadat die polisie die seun se familie opgespoor het.

Makhubela  het gesê inwoners het Vrydag betoog en geëis dat spoedhobbels in die paaie aangebring word omdat motors te vinnig ry in die gebied.

Drie mense is tydens die betoging in hegtenis geneem vir openbare geweld en kwaadwillige saakbeskadiging en het Maandag in die Protea-landdroshof verskyn.

Die saak is uitgestel tot volgende Maandag, wanneer hulle ’n formele borgtogaansoek sal bring. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.