Ondersoek in Khutsong na ses wat aan die brand gesteek is

Deel op
Was dit deel van 'n verkiesingsveldtog?
Was dit deel van ‘n verkiesingsveldtog?

Die ondersoek na ses mense wat na bewering deur inwoners van Khutsong aan die brand gesteek is, duur voort, het die polisie in Gauteng gesê.

Brig. Neville Malila, polisiewoordvoerder, het gesê niemand is teen 18:30 Maandagaand in hegtenis geneem in verband met die misdade wat Sondag plaasgevind het nie.

“Ons doen steeds ‘n beroep op inwoners om na vore te tree met inligting.”

‘n Sterk polisieteenwoordigheid word in die gebied gehandhaaf, maar die situasie is kalm.

Vyf mense, onder wie ‘n toordokter, het Sondag gesterf. Dít nadat sowat 400 mans, vermoedelik inwoners van Khutsong, ‘n vergadering gehou het om bende-aktiwiteite in die gebied te bespreek.

Malila het gesê een van die groepe het na ‘n huis gegaan, waar hulle ‘n 61-jarige tradisionele geneser aangeval en hom en sy huis aan die brand gesteek het. Die man het op die toneel gesterf.

Ander groepe wat die vergadering bygewoon het, het na ander gebiede gegaan, waar twee jong mans, wat glo bendelede is, aangerand en aan die brand gesteek is. Hulle het ook op die toneel gesterf.

Malila het gesê in Extension Five, Carletonville, het die groepe verskeie mense, wat hulle gedink het bendelede is, aangerand.

“Twee vermeende bendelede is gestenig. Een van hulle het op die toneel gesterf en die ander een in die hospitaal.

‘n Sesde persoon se lyk is Sondagaand gevind, hy is aan die brand gesteek.

Vier van die ses lyke is geïdentifiseer as James Magagula (61), Mojalefa Maleho (23), Makume Makume en Akhona Ngwati.

Malila het Dinsdag gesê die name van die ander twee mans wat gesterf het, is nog nie bekend gemaak nie. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.