‘SA sal nie deur terreur gedestabiliseer word’

Deel op

waronterror2Die minister van staatsveiligheid, Siyabonga Cwele het gesê hy wil Suid-Afrikaners verseker dat die land nie aan die risiko van destabilisering deur terroriste blootgestel sal word nie.

Suid-Afrikaanse owerhede ondersoek nog hoe ‘n plaaslike paspoort verkry is deur Samantha Lewthwaite, die Britse vrou wat deur Interpol gesoek word sedert die terreuraanval in Nairobi, het die minister gesê.

“Ons ondersoeke duur voort en sodra ons gereed is sal ons ‘n verklaring maak,” het die minister van binnelandse sake, Naledi Pandor gesê op ‘n nuuskonferensie wat deur die Kabinet se veiligheidsgroepering in Pretoria gehou is.

Sy het bygevoeg dat owerhede intussen die “veiligheid met betrekking tot ons paspoort verbeter het”.

Dit sluit in “kontrole biometriese skakels na die agtergrond van mense wat hulle by ons kantore aanmeld.”

Lewthwaite, ook genoem die Wit Weduwee deur buitelandse media, het op ‘n Suid-Afrikaanse paspoort wat nie vervals is nie, gereis.

Dit is aan haar uitgereik in die naam van Natalie Faye Webb deur die departement van binnelandse sake .

Dit is nog nie duidelik of daar enige verband tussen Lewthwaite en Webb is en of laasgenoemde bloot ‘n slagoffer van identiteitsdiefstal was nie.

Interpol het Lewthwaite laat in September ná die aanval op Nairobi se Westgate Mall deur vermeende al-Shabaab militante, op ‘n internasionale lys van verdgates geplaas.

Daar is 72 mense gedood, maar dit is nie die finale dodetal nie.

Lewthwaite is die weduwee van Germaine Lindsay, een van die selfmoordbomaanvallers wat die openbare vervoerstelsel in Londen in Julie 2005 geteiken het.

Sy het Suid-Afrika op ‘n Suid -Afrikaanse paspoort in 2008 binnegekom, en dit gebruik tot 2011.

Dit het vrese laat ontstaan oor ‘n diplomatieke dooiepunt tussen Pretoria en Londen oor streng visumvereistes vir Suid-Afrikaners. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.