Carter wou Mbeki slaan oor hy Vigs-medisyne weerhou

Deel op
Wou Vigs-medisyne met alle geweld verkoop
Wou Vigs-medisyne met alle geweld verkoop

Die voormalige Amerikaanse president Jimmy Carter het oudpres. Thabo Mbeki byna met die vuis toegetakel oor MIV/vigs-behandeling in Suid-Afrika, het die Sunday Times berig.

“Die eerste keer toe ek Kaapstad toe gekom het, het ek byna in ‘n vuisgeveg met die president van Suid-Afrika, Thabo Mbeki, betrokke geraak weens sy versuim om dié epidemie te takel, het Carter aan die Sondagkoerant gesê.

“Dit is die naaste wat ek gekom het om ‘n staatshoof aan die bors te gryp”.

Carter het gesê die rusie was oor Mbeki en die destydse minister van gesondheid, Manto Tshabalala-Msimang, se weiering om vigs te behandel.

In 1999 het Mbeki beweer dat die antiretrovirale middel AZT  giftig is en het hy geweier om behandeling beskikbaar te stel ten spyte dat die Verenigde Nasies sy bystand aangebied het.

Carter het gesê hy en Bill Gates het Mbeki probeer oortuig om die antiretrovirale middel ten minste aan swanger vroue met vigs te gee, “maar Mbeki was daarteen gekant”. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.