UJ: Kleurlinglektor rand student met knuppel aan

Deel op

ujkampus‘n Kleurlinglektor aan die Universiteit van Johannesburg het ‘n finale geskrewe waarskuwing ontvang nadat hy ‘n student met ‘n knuppel aangerand het.

Eyewitness News het beeldmateriaal van die voorval, wat in April by een van die ingange by die universiteit plaasgevind het, bekom.

Chris Fortuin, ‘n lektor aan die universiteit se departement sportwetenskap, beweer die student het by sy huis ingebreek, waarna hy, sy twee seuns en ‘n broerskind die man aangeval het.

Die student het ‘n kopwond opgedoen, maar wou nie ‘n saak by die polisie aanhangig maak nie.

Fortuin het nie ontken dat hy die student aangerand het nie, maar wou nie kommentaar lewer nie.

Die bestuur van die universiteit het gesê Fortuin is afgedank, maar het teen sy afdanking geappelleer.

Hy het toe ‘n finale geskrewe waarskuwing ontvang. Fortuin moet ook 100 uur gemeenskapdiens doen en die huis op die universiteit se perseel, waar hy en sy gesin woon, ontruim.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.